Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal - Inwoners van Pietermaritzburg se Msunduzi-munisipaliteit is so kwaad oor die voorgestelde styging in elektrisiteit- en watertariewe, dat hulle die burgemeester se kop eis.
Die munisipaliteit wil krag met 36% en water met 13,5% opstoot.
Burgemeester Mzimkhulu Tebolla erken die stygings is buitensporig, maar sê hulle is afhanklik van dit wat deur die energiereguleerder Nersa en hul waterverskaffer goedgekeur word.