Dis nie net die wêreld se voorste sokkerspelers wat druk voorberei vir vanjaar se Fifa-Wêreldbekertoernooi nie. 'n Jong Suid-Afrikaner tel ook die slapies af.
Die 10-jarige Luca Human-Maré van Johannesburg is aangewys as een van vanjaar se Kia Kickoff Kids. Dit beteken hy is een van net 104 kinders wêreldwyd wat die kans kry om saam met 'n span op die veld te draf, en boonop die enigste van Suid-Afrika.