Agri Noordwes het vanjaar vir die eerste keer 'n vrou as hulle Jongboer van die Jaar gekroon.
Met haar kleurvolle krisante het die 36-jarige Joy van Deventer haar medeboere uitgestof.
Volgens die organisasie verteenwoordig Van Deventer die toewyding en toekoms van jong landbouers.
Sy is ook nou 'n finalis in die nasionale kompetisie.
Eugenie Gregan het haar op haar blommeplaas Berg en Dal tussen Hartbeespoort en Brits besoek.