Jongspan deel braaimeester-wenke ter viering van Nasionale Braaidag

JOHANNESBURG - Omdat baie Suid-Afrikaners so te sê langs die braaivleisvuur grootword, het Jan Braai jare gelede Erfenisdag ook Nasionale Braaidag gedoop.

Want - so reken dié braaimeester - ongeag ons ras, geloof of kultuur, geniet ons dit om iets op die kole te gooi.

Nou het hy ook 'n gids vir kinders bekend gestel om hulle braaivaardighede te slyp.

Die tweeling Luca en Finn Human-Maré het saam met Mielé en Jannus Buckle een van sy resepte op die proef gestel.

 

Paid Content