'n 16-jarige boorling van Centurion in Gauteng het onlangs sosiale media laat gons toe hy nie net van die wêreld se bekendste kunstenaars beïndruk het nie, maar hulle ook sommer 'n bietjie Afrikaans geleer het.
Stefan Benz het 'n goue kaartjie op die gewilde sangkompetisie, American Idol, gekry en sodoende na die volgende rondte deurgedring.
Hy werk al van 9-jarige ouderdom aan sy sangloopbaan en sy ouers het in 2020 na Los Angeles verhuis sodat hy sy droom kan najaag.