Sommige inwoners van Kaapstad is warm onder die boordjie oor die Stad se planne om tariewe vir kommersiële, industriële en huishoudelike eiendomme met 7,96% te verhoog.
Lede van die publiek kan tot vroeg aanstaande maand kommentaar lewer op die Stad Kaapstad se 2025/2026-begroting van R84,1-miljard.
Die owerhede sê die begroting beoog om elke rand wat in eiendomstariewe ontvang word, terug te ploeg in infrastruktuur, polisiëring en rampbestuur, asook dienste vir die armes.