Die Kameeldrift-gemeenskapspolisiëringsforum sê 'n tekort aan hulpbronne en die omvang en aard van die gebied maak dit uitdagend om inwoners te beveilig.
eNuus het reeds berig oor verskeie aanvalle die laaste drie maande in die gebied in die noordooste van Pretoria, waar twee mense in die afgelope week vermoor is.
Die vermoede is dat verskillende groepe agter die aanvalle sit.
Die polisie sê hulle het 'n intelligensiegedrewe aksieplan in werking gestel met spesifieke fokus op nagoperasies in die Kameeldrift-gebied.