Kenner gee mening oor Trump se 104 uitvoerende bevele in 65 dae

Sedert sy tweede inhuldiging op 20 Januarie, trek die Amerikaanse president veral aandag met sy uitvoerende bevele.

Beeldmateriaal van president Donald Trump waar hy in die Ovaalkantoor dokumente onderteken, en dan die dokument ophou en vir die kamera wys, word gereeld gesien.

Tot op datum het Trump 129 van hierdie bevele in sy tweede termyn uitgereik.

Maar wat presies is 'n uitvoerende bevel en hoe pas dit by die Amerikaanse regstelsel in?

eNuus het gaan kers opsteek by emeritus-professor Pieter Labuschagne, en ook sy mening gevra oor Suid-Afrika en die VSA se pad vorentoe.

You May Also Like