Kenner praat oor wêreldmarkte se reaksie op Trump-invoerheffings

Die wêreld se aandelebeurse het een van hulle swakste weke beleef toe beleggers van triljoene dollar se aandele ontslae geraak, en die hasepad gekies het.

Nadat president Donald Trump invoerheffings op dosyne lande ingestel het, het die S&P 500-indeks van die New Yorkse aandelebeurs beermarkstatus begin betree.

Dis 'n daling van 20% sedert die mark se vorige hoogtepunt.
Prof. Anthoni van Nieuwkerk van Unisa se Thabo Mbeki-Afrikaskool vir openbare en internasionale aangeleenthede het eNuus help sin maak van die buitelandse invloede.

You May Also Like