Delft, Wes-Kaap - Geestelike leiers van Delft het hulle gewig ingegooi agter inwoners se stryd teen misdaad op die Kaapse Vlakte.
Kerkleiers van verskillende denominasies het 'n gebedsoptog gehou om die kollig te plaas op die kommerwekkende hoë misdaadvlakke in hulle gemeenskap.
Volgens die jongste misdaadstatistieke is Delft een van die plekke waar van die meeste bendeverwante skietvoorvalle in die land plaasvind.