DStv Channel 403 Friday, 19 April 2024

Kinderhuis-subsidie agterstallig: “Hoe sê jy vir kinders hul moet minder eet?”

Personeellede se salarisse kan nie betaal word nie en dis 'n gespartel om die dag tot dag uitgawes by te bring.

PRETORIA, GAUTENG - 'n Mismoedige Kersfees en Nuwejaar lê moontlik vir 344 kinders van Pretoria voor.

Dit weens die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling se versuim om die Jakaranda- en Louis Botha-kinderhuise se subsidie te betaal.

Die kinderhuise se jongste halfjaarlikse subsidie is al twee maande agterstallig.

Paid Content