DStv Channel 403 Thursday, 25 April 2024

Klassieke musiek help koeimelk aan

Die veekunde-student, Lize Erasmus, het bevind dat klassieke melodieë melkkoeie se stresvlakke verlaag en hul melkproduksie verhoog.

PRETORIA - Mozart en Beethoven se werke word al eeue lank in konsertsale wêreldwyd gehoor.

Maar dié komponiste sou waarskynlik nooit kon raai dat hulle ook 'n bydrae in die landboubedryf sal lewer nie.

'n Student van die Universiteit van Pretoria het vasgestel dat klassieke musiek 'n positiewe invloed op melkkoeie kan hê.

eNuus se Eugenie Gregan het die universiteit se proefplaas besoek om meer oor Lize Erasmus se navorsing uit te vind.

Paid Content