Kleuterskooljuffrou vereer: "Ek wil kinders lief maak vir leer"

Britte Claassen is 2022 se wenner in die kleuterskoolafdeling van Solidariteit se Onderwyser van die Jaar-kompetisie.

PRETORIA, GAUTENG - Hope liefde, geduld en klasse vol pret en plesier is 'n graad R-juffrou van Pretoria se geheim om haar leerlinge vir hul skoolloopbane voor te berei.

Danksy dié benadering is Britte Claassen van Skuilkrosies vanjaar die eerste wenner in die kleuterskool-afdeling van Solidariteit se Onderwyser van die Jaar-kompetisie.

Colette Rossouw van die Voorbereidingskool George en Hannalie van der Merwe van die Hoërskool Strand is onderskeidelik as die beste laerskool- en hoërskool-onderwyser van die jaar aangewys.

Paid Content