SOMERSET-WES - Die Lauren Dickason-saak het talle gesprekke ontlok oor nageboorte-depressie en angs onder ma’s en hoe mense daarop reageer en dit hanteer.
Gerda Kriel, ‘n kliniese sielkundige van Somerset-Wes, het in reaksie hierop verlede week ‘n sosiale mediaplasing gemaak, getiteld “Die donker kant van moederskap” waarin sy onder meer pleit dat ma’s se geestesgesondheid ernstig opgeneem moet word.