Die Knoflokskraal-grondbesettingsdebakel is op pad hof toe.
Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die regering sal volgende week 'n aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof indien, om enige verdere besetting te keer.
Die perseel bestaan uit ses bosbouplase in staatsbesit, langs die N2 tussen Grabouw en Botrivier.