Die Veelpartyhandves vir Suid-Afrika is betekenisvol vir die veranderende politieke landskap wat 2024 se algemene verkiesing kan meebring.
Só meen politieke ontleders oor die grondslag wat hierdie week vir 'n moontlike koalisieregering gelê is.
Die DA, IVP, Vryheidsfront Plus en ActionSA het saam met die United Independent Movement, die Spectrum National Party en Isanco 'n ooreenkoms onderteken oor hoe hulle ná volgende jaar se verkiesing gaan saamwerk.