"Komplekse genie" Eugène Marais in musiekproduksie belig

Dit is vanjaar 90 jaar sedert die skrywer en digter Eugène Marais sy eie lewe geneem het. Hy word beskou as 'n pionier van Afrikaans en sy seminale natuurkundige werke, Die Siel van die Mier en Die Siel van die Aap, word internasionaal erken.
Tog was hy 'n komplekse genie, iets wat die biografiese musiekproduksie Die Siel van Eugène Marais, onder die loep neem.
eNuus se Eugenie Gregan het die kabaret by die Suidoosterfees gesien.

You May Also Like