DStv Channel 403 Friday, 07 February 2025

“Konstruksiemafia” voer skrikbewind in Wes-Kaap

DELFT, WES-KAAP - 'n Amptenaar van die Stad Kaapstad is helder oordag, buite 'n bouperseel doodgeskiet.

Wendy Hendricks-Kloppers, van die stad se departement van omgewingsgesondheid, was besig om die perseel in Delft te inspekteer toe sy vermoor is.

Die aanvallers is glo deel van die sogenaamde konstruksiemafia.

Die Stad het 'n beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming en vervolging van die moordenaars sal lei.

You May Also Like