Dion George het uit die DA bedank.
Die party se voormalige federale finansiële voorsitter beskuldig die DA-leier, John Steenhuisen, daarvan dat hy deur die ANC gekaap is.
George is in November as minister van bosbou, visserye en omgewing verwyder, oor wat hy ‘n smeerveldtog teen hom noem.
eNuus het vir die politieke ontleder, Prof. Dirk Kotze gevra wat hy van die saak maak.