HEIDELBERG, GAUTENG - Inwoners van Heidelberg in Gauteng wat al dae lank sonder water sit, is in die duister oor wat die probleem is en wanneer die watertoevoer herstel gaan word.
Rand Water is verantwoordelik vir die dorp se grootmaat-watervoorsiening.
Die waterverskaffer het verlede week in 'n brief aan verskeie munisipaliteite gesê die stelsel het nog nie ten volle herstel na 'n kragonderbreking op 8 Maart by die Zuikerbosch-watersuiweringsaanleg nie.
Hulle het nie Donderdag gereageer op eNuus se navrae oor hoekom dit so lank neem om die reservoirs weer vol te maak nie.