Krugerwildtuin-"kroonprins" terug in hof oor renosterstropery

Skukuza, Krugerwildtuin - Byna nege jaar ná 'n voormalige streekveldwagter van die Krugerwildtuin glo op heterdaad vir renosterstropery betrap is, duur die hofsaak teen hom en sy medebeskuldigde voort.

Rodney Landela is in Julie 2016 saam met 'n tegnikus van die staatsveearts, Kenneth Muchocho, in hegtenis geneem. 

Hulle is destyds naby Satara in die wildtuin vasgetrek.

Landela is voor sy inhegtenisname as die sogenaamde kroonprins onder die veldwagters beskou en sou waarskynlik eendag as hoofveldwagter aangestel word.

You May Also Like