Krugerwildtuin se veiligheidstrategie kry hupstoot

Saam met die Krugerwildtuin se eeufeesvieringe kom hernude pogings om die natuurerfenis vir nóg 'n honderd jaar te kan bewaar.
Om die park se uitgebreide landskap beter te navigeer en die stryd teen wildstropers voort te sit, is vier 4x4-voertuie van Polaris aan die park oorhandig.
Die skenking van die voertuie, ter waarde van sowat R400 000 elk, is deur die Pure Wild Fund en Kruger Park Wildlife Foundation moontlik gemaak.

You May Also Like