Krugerwildtuin: Skade sal maande neem om te herstel

Die tegniese span is ook besig om verskeie kampe se grensdrade en watertoevoerstelsels te herstel.

KRUGERWILDTUIN - Vloedskade aan twee van die Krugerwildtuin se belangrikste paaie gaan na verwagting maande neem om te herstel.

Die hoofpad tussen Skukuza en Onder-Sabie is ernstig beskadig nadat swaar reën in die gebied uitgesak het.

Nog 'n teerpad in die suide is ook gesluit en 'n besoeker wat 'n padversperring geïgnoreer het, moes deur veldwagters te hulp gesnel word.

Eugenie Gregan het die dag saam met die wildtuin se tegniese span deurgebring om die skade te bekyk en te hoor wat is die planne vir herstelwerk.

Paid Content