Met hulle Volkswagen Kombi het die Meyer-egpaar van Krugersdorp al duisende kilometer in die Krugerwildtuin afgelê.
Die 84-jarige Gustav besoek die wildtuin al byna sy hele lewe lank en die afgelope 12 jaar is sy vrou, Meisie, aan sy sy.
eNuus se Eugenie Gregan het met hulle gesels.