Die Moot het Saterdagaand die geleentheid gehad om sy eie storie op die groot skerm te vier.
Byna ’n duisend mense het by Hoërskool Oos-Moot saamgetrek vir die première van die nuwe dokumentêre rolprent, Die Moot.
Inwoners, oud-inwoners, plaaslike ondernemings, skole, sportklubs, kerke en gemeenskapsorganisasies het die Groot Moot Gemeenskapsaand in ’n viering van die buurt omskep.