Die een het in sy tweede taal van Afrikaans se mees ikoniese liedjies geskryf, die ander is 'n baanbreker wat Afrikaanse musiek vernuwe het.
Daarom het die FAK hulde gebring aan die akademikus Chris Torr en die liedjieboer Anton Goosen deur van hulle uitsonderlike liedere in die Liedjietuin by die Voortrekkermonument op te neem.
Beide Torr en Goosen spog nou met spesiale hoeke in die tuin waar hulle lirieke op granietborde aangebring is.