KYK: Meisies Hoër hou leesweek: “Digitaal gee kitsoplossings; boeke help jou ontdek”
Blurb: Elke September is dit tyd vir die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se leesweek.
Dit is die 10de jaar wat die skool met dié instelling, kinders na die biblioteek lok en leesgierigheid aanwakker.
Leerlinge word aangemoedig om die skoolbiblioteek in te vaar, om ou én nuwe stories te ontdek.
Boonop word die skoolgemeenskap gevra om boeke te skenk vir skole wie se biblioteke nie so goed ingerig is nie.
Eugenie Gregan doen verslag.