Stem-geregtigdes in Upington in die Noord-Kaap, het die belangrikheid daarvan beklemtoon, om jou kruisie in die komende munisipale verkiesing te trek.
Die Verkiesings-kommissie se provinsiale kantoor, sê hulle is gereed om voornemende kiesers hierdie naweek te help registreer.
Meer as 'n duisend-500 personeel is ontplooi, om 'n doeltreffende registrasie-proses by alle stasies te verseker.