KYK: Polisielede skuldig aan moord op Nathaniel Julies: "Wie skiet 'n kind en sit hom agter in die van?"

Twee voormalige polisiebeamptes is skuldig bevind aan die moord op die 16-jarige Nathaniel Julies tydens die Covid-19-inperking in Augustus 2020.

Julies, wat Down-sindroom gehad het, was op dié betrokke dag op pad om koekies te koop toe hy in Eldoradopark geskiet is.

Die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, het Caylene Whiteboy en Simon Ndyalvane skuldig bevind op aanklag van moord.

Hulle is verder skuldig bevind aan regsverydeling, terwyl Ndyalvane ook skuldig bevind is op aanklagte van meineed en die onwettige besit van ammunisie.

Hul medebeskuldigde, Vorster Netshiongolo, is vrygespreek op 'n aanklag van medepligtige by die moord, maar skuldig bevind op aanklagte van regsverydeling en die onwettige besit van ammunisie.

You May Also Like