Toe die nuus oor die diefstal by President Cyril Ramaphosa se wildsplaas Phala Phala en die toesmeer daarvan in 2022 aan die lig gekom het, is daar bespiegel oor sy toekoms. Daar is berig dat Ramaphosa se bedankingsbrief geskryf was, maar dat ANC-lede in sy binnekring hom anders oortuig het. Die vraag is nou of hy werklik die prosesse wat voorlĂȘ gaan deursien, en of hy eerder gaan besluit om wel maar op sy plaas te gaan aftree.