KYK: Sol Plaatje munisipaliteit pak waterverliese aan

Die Sol Plaatje-munisipaliteit, in die Noord-Kaap, wil die munisipaliteit se waterverliese oor die volgende dekade drasties verminder.

Premier Zamani Saul het saam met ingenieurs die Riverton-watersuiweringsaanleg buite Kimberley besoek om opgraderings by die fasiliteit te assesseer. 

Die besoek vorm deel van deurlopende inspeksies as deel van die R2,5 miljard-toewysing van die Nasionale Tesourie om verouderende waterinfrastruktuur in die munisipaliteit op te gradeer.

You May Also Like