Op slegs 14 jaar oud is die Kapenaar Isma-eel Gertson een van Suid-Afrika se jongste potspelspelers.
Hy het op 11-jarige ouderdom begin speel en is sedertien twee keer aangewys as die Suid-Afrikaanse kampioen in die enkelspel in die o.14-ouderdomsgroep.
En nou is hy ook die jongste tiener in die Suid-Afrikaanse span wat Dinsdag na die Wêreldkampioenskap vertrek.
Vanjaar se byeenkoms vind in Marokko plaas.