Die Vryheidsfront Plus meen daar kan nie langer gewag word vir die ANC om beter te regeer nie.
Hulle veldtogleuse vir die komende munisipale verkiesing is met die onthulling van 'n reklamebord langs die N1-hoofweg tussen Pretoria en Johannesburg bekendgestel.