Danksy 'n goedhartige boer van Noordwes het 'n olike luislang nou 'n kans op herstel. Die wyfieluislang, Ounooi, sterk sedert einde April by die Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital aan. In 'n poging om vas te stel wat haar pla, het Ounooi 'n hartsonar by die Fourways-dierehospitaal ondergaan.