DStv Channel 403 Tuesday, 30 April 2024

Laerskool-kinders kry vir ’n dag klas in die wolke

KAAPSTAD - Dis darem lekker om 'n slag buite die klaskamer skool te gaan - soos tydens 'n opvoedkundige uitstappie na die bokant van Tafelberg.

Leerlinge van Belhar Primary School kon Dinsdag nie uitgepraat raak oor die pret en kennis wat die ervaring aan hulle besorg het nie.

Dis deel van 'n nuwe inisiatief in samewerking met Grand West Casino en die Wes-Kaapse onderwysdepartement.

Kevin Brandt het die kleinspan vergesel tydens hulle besoek aan een van die nuwe sewe wonders van die wêreld.

Paid Content