Kaapstad, Wes-Kaap - 'n Landwye fees ter viering van Afrikaans se eeufees as amptelike taal het in Kaapstad en die Paarl begin.
Die Parlement het Afrikaans presies 'n 100 jaar gelede, op 8 Mei 1925, as 'n amptelike taal van die destydse Unie van Suid-Afrika bekragtig.
DiƩ mylpaal word hierdie maand met feeste in die Wes-Kaap en Gauteng gedenk, wat onder meer musiekkonserte en gedenklesings insluit.