'n Vierpotige wat al twee eienaars verloor het, is wéér op soek na 'n huis - dié keer hopelik vir ewig. eNuus het in 2024 berig oor twee honde wat ná 'n plaasmoord buite Cullinan by die Wetnose-diereskuiling beland het. Tydens hulle rehabilitasie is daar besluit dat Chloe en Leah eerder apart aangeneem moet word. Kort hierna het albei 'n nuwe huis gevind. Leah is egter weer terug by die skuiling nadat haar tweede eienaar onverwags aan kanker oorlede is.