Leerlinge betoog ná skoolmeisie se verkragting

KAAPSTAD, WES-KAAP - 'n Gemeenskap in Kaapstad is in skok na die verkragting van 'n 16-jarige meisie.

Sy is verlede Maandag in Bellville-Suid aangeval terwyl sy op pad skool toe was.

In reaksie hierop het leerlinge van die omgewing 'n betoging gehou.

Hulle eis dat hul ouers, die polisie en veiligheidsorganisasies meer moet doen om hulle te beskerm.

'n Verdagte het in die hof verskyn.

You May Also Like