Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, het belowe dat organisasies sonder winsbejag in Gauteng weer hulle volle finansiering sal kry.
Dit volg ná verskeie organisasies kapsie gemaak het teen die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling se besluit dat programme vir veral alkohol- en dwelmmisbruik voortaan geprioritiseer gaan word.