Lewensredders staan bont by strande, damme en riviere in SA
KAAPSTAD, WES-KAAP - Lewensredders in Kaapstad het strandgangers gewaarsku teen waaghalsige gedrag wat hulle lewens in gevaar kan stel.
Lewensredding SA het meer as 4 000 vrywilligers op 'n roterende basis ontplooi om saam met 3 000 professionele munisipale lewensredders baaiers landwyd veilig te hou.
En daar moes reeds heelparty lewens gered word.