DStv Channel 403 Sunday, 16 February 2025

Lichtenburg in Noordwes verval weens ineenstorting van munisipale dienste

Lichtenburg, Noordwes - Die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes moet onder nasionale administrasie geplaas word.

Die DA het dié versoek gerig aan president Cyril Ramaphosa en twee ander regeringsdepartemente. 

Die gemeenskap van Lichtenburg sê daar is amper 'n totale ineenstorting van dienslewering, en soms gaan munisipale amptenare maande lank sonder salarisse.

You May Also Like