DStv Channel 403 Monday, 09 December 2024

Louis Liebenberg laat vaar eers borgtogaansoek, sê rumatiek pla

BRONKHORSTSPRUIT - Louis Liebenberg het vandeesweek sy borgtogaansoek eers laat vaar.

Die vermeende bedrieër het Maandag self sy aansoek in die landdroshof in Bronkhorstspruit hanteer.

Hy sou Donderdag onder kruisverhoor geplaas word.

Liebenberg word saam met sy vrou, Dezzi, en sewe ander beskuldigdes van onder meer bedrog en geldwassery aangekla.

Die klagtes hou verband met Liebenberg se diamantskema waarmee beleggers glo uit meer as R4-miljard geswendel is.

Paid Content