Lugtyd hoog op bejaardes se Kerswenslysies

Kersvaders van heinde en verre het vanjaar ingespring om bejaardes se Kerswense te bewaarheid as deel van die Ouma en Oupa-projek.

PRETORIA, GAUTENG - Die Ouma en Oupa-projek bederf vanjaar vir die vyfde keer inwoners van tehuise landwyd.

Bejaardes kon weer wenslysies opstel wat aan skenkers gestuur is om geskenk-pakkies op te maak.

Die geskenke stroom nou in en sal oor 'n paar weke tydens funksies by die tehuise uitgedeel word.

Source
eNuus

Paid Content