KAAPSTAD - Die ma van 'n gevangene wat in Februarie in die Goodwood-tronk in Kaapstad dood is, soek antwoorde oor die verdagte omstandighede waarin haar seun gesterf het.
Quinton Fortuin, wat 'n bendelid was, is na bewering dood tydens 'n geveg met tronkbewaarders.
Die familie se prokureur glo egter daar is rede om die tronk se weergawe van die gebeure te bevraagteken.
Wees gewaarsku dat die inhoud van hierdie berig sommige kykers kan ontstel.