Ma wat glo kleuter verkoop word borgtog geweier

Vanderbijlpark, Gauteng - Keneilwe Shalaba, wat daarvan aangekla word dat sy haar tweejarige seun verkoop het, is in die Vanderbijlpark-landdroshof borgtog geweier. 

Die 32-jarige staan tereg op aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Mensehandel, en sameswering om 'n misdaad te pleeg. 

Die hof het gehoor dat R75 000 in Shalaba se rekening inbetaal is op die dag wat sy beweer haar seun is ontvoer. 

You May Also Like