Maatskaplike werker sterf toe ‘n boom op haar motor val
Monday 11 May 2026 - 14:05pm
Die familie van 'n 37-jarige vrou, wat verlede week in Knysna gesterf het, sukkel om haar dood te verwerk. Dit nadat 'n boom in die hoofstraat, weens die voortdurende gure weerstoestande, op haar motor geval het.