DStv Channel 403 Thursday, 25 April 2024

Malema en Ndlozi onskuldig bevind in aanrandingsaak

Die hof het bevind dat Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi uit selfverdediging opgetree het toe daar 'n twis met kolonel Johannes Venter ontstaan het.

Die EFF-leier Julius Malema en EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi is vrygespreek op 'n aanklag dat hulle 'n polisie-kolonel in 20-18 by Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis aangerand het.

Kolonel Johannes Venter het Malema en Ndlozi toegang tot die begraafplaas geweier omdat hy nie 'n permit vir hul voertuig gesien het nie.

Hulle het Venter daarna gestamp, maar die landdroshof in Randburg het bevind dat dit nie met opset was nie.

Paid Content