Man konfronteer kroegeienaars oor beweerde rasvoorval

‘n Uitsmyter by die kroeg het glo vir Thabiso Danca gesê dat swartmense steel en probleme veroorsaak.

KAAPSTAD, WES-KAAP - Die eienaars van 'n bekende Kaapstadse kroeg is in die spervuur oor 'n beweerde voorval van rassisme.

'n Swart kliënt, Thabiso Danca, is by Hank's Olde Irish Pub weggewys.

'n Uitsmyter het glo vir hom gesê swartmense word net in die kroeg toegelaat as hulle deur 'n wit persoon vergesel word.

Die volgende dag het een van Danca se vriende, Christopher Logan, die kroegeienaars hieroor gaan konfronteer.

Die konfrontasie is op video vasgelê.

Paid Content