Mans in Speedo’s vaar strate in vir goeie doel

Skole, sportklubs en besighede kon Vrydag enige plek in die land vyf kilometer aflê om bewusmaking vir prostaat- en testikulêre kanker te skep.

JOHANNESBURG - Verkeersknope is Vrydag landwyd veroorsaak toe duisende skraps geklede mans die strate ingevaar het.

Maar die manewales was als vir 'n goeie doel.

Die waagduiwels was deel van die jaarlikse Daredevil-wedloop wat bewusmaking oor prostaat- en testikulêre kanker skep.

Die amptelike wedloop het ná 'n afwesigheid van twee jaar weer by die Dieretuinmeer in Johannesburg plaasgevind.

Paid Content