Marita van der Vyver se jaar van vrees en vryheid

Toe die Covid-19-pandemie die mat onder Marita van der Vyver se voete uitgeruk het, het sy en haar Fransman 'n perd van 'n ander kleur opgesaal.

In hulle 60's moes hulle noodgedwonge hul geliefde huis op die Franse platteland verkoop en in plaas van ander blyplek soek, het hulle besluit om hul besittings te stoor en die wye wêreld in te vaar.

In haar nuwe boek "My jaar van vrees en vryheid" vertel sy meer oor hulle 15 maande sonder 'n vaste adres.

Van der Vyver het by Aardklop met eNuus gesels.

You May Also Like